​Die R1.5 miljoen dubbelvlak droomhuis

Johannes van Graan Johannes van Graan
modern by homify, Modern
Loading admin actions …

Hoe lyk jou droomhuis? Wel, as dit ‘n oopplan sitkamer, groot buitestoep, tussen vier en vyf slaapkamers asook ‘n twee-voertuig motorhuis het, is vandag se homify 360° stukkie net vir jou bedoel! 

Van die Poolse argitekte Homekoncept kom hierdie droom ontwerp wat nie minder as 183m² spasie aanbied nie – en dis nou die 42 m² motothuis uitgesluit. 

Kom ons kyk bietjie…

Die voorkant

Al is hierdie net 3-dimensionale ontwerpe, kan ons nog steeds sien watse moderne styl en fantastiese grootte hierdie huis aanbied. Allerhande fraai hoekies en draaitjies maak dat dat die huis se buitekant ‘n interessante styl geniet, veral met daardie tamaai groot balkon reg bokant die motorhuis.

Die ontspannende agter erf

‘Ontspanning’ en ‘kuier’ is definitief die kernwoorde wanneer ons na die agterkant kyk – daardie stoepe, balkonne, swembad en meubels is net wat mens nodig het om ‘n rustige middag of naweek te geniet. 

En alhoewel die tuin se styl nou nie deel vorm van die huis se oorspronklike ontwerp nie, kan ons nie aan ‘n meer perfekte voorbeeld dink wat hier gaan pas nie.

Die elegante binnekant

Alhoewel die huis se binnekant heel ruim is, is dit versigtig uitgelê om seker te maak die verskillende kamers en meubels bied die beste en gemaklikste spasie en styl aan. Kyk byvoorbeeld na die glas en hout van die deure, koffietafel ens – alhoewel dit modern is, gee dit ook ‘n elegante kleur aan die sitkamer wat heel deftig kontrasteer met die ligte kleure van die rusbanke en mure.

‘n Stylvolle kombuis

Die oopplan uitleg bied ‘n kombuis, sitkamer en eetkamer aan wat gerieflik naby aanmekaar geleë is. En met ‘n eenvoudige dog gemaklike U-vorm, geniet die kombuis gemaklike spasie wat maak dat daardie hardwerkende kok lekker deel kan wees van die geselskap wat deurstroom vanaf die sit- of eetkamer.

Die badkamer

Moenie skrik omdat die badkamer effens aan die klein kant is nie – alle benodighede word hier aangebied, en dan ook nog in so super stylvolle ontwerp. En danksy die vollengte spieël, lyk die badkamer heelwat groter, en help om lig te weerkaats wat die spasie lekker opkikker. 

En wanneer laas het jy ‘n badkamer gesien met sulke fantastiese dak ligte?

Indien jou droomhuis ietwat groter moet wees, kyk biejie na: Die Pretoria huis met super styl en spasie.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine