​‘n Suid-Afrikaanse huis met ‘n binnekant wat jy moet sien!

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Sshwab, Rudman Visagie Rudman Visagie Classic style houses
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° stukkie neem ons na Mosselbaai waar die argitekspan Rudman Visagie ons bekendstel aan een van hul meesterstukke. 

Dié klassieke struktuur met sy eklektiese / industriële styl aan die binnekant bied spasies wat gekenmerk word deur hul bekoorlike ontwerpe en gemaklike uitlegte, om nie eers te praat van die indrukwekkende dekor en meubels nie – veral nie daardie verrassing in die sitkamer nie…

Maar kom ons begin eers aan die buitekant.

‘n Mini kasteel

Hoe gereeld sien mens ‘n huis wat soos ‘n mini kasteel lyk? Deesdae spog omtrent elke huis met ‘n plat dak en glinsterende afwerkings, so dis eintlik heel verfrissend om só ontwerp raak te loop! 

Nog iets wat ooglopend duidelik is is die feit dat hierdie huis glad nie ‘n tekort aan spasie (binne of buite) het nie!

Die kombuis

Ons is mal oor die industriële styl van die kombuis: die betonvloer, die houtstoeltjies van die eiland, die uitstaan-styl van die hanglampe…  

En kyk net watse lekker lig geniet hierdie vertrek danksy die vensters en glasdeur – dís mos nou helder inspirasie vir ‘n werkspasie!

Die sitkamer

Die kombuis deel sy oopplan uitleg met die eetkamer, wat natuurlik die pizza oond en braai / kaggel area verduidelik – perfek vir ‘n luilekker kuier!  

Om hierdie leefarea bietjie te laat uitstaan van die kookspasie, het die ontwerpers meer warmer kleure ingebring, veral vir die meubels en dekor.

Kreatiewe karakter

‘n Mens se huis is mos nie net bedoel om eet- en slaapplek te verskaf nie – dit moet ook vertel van jou persoonlike smaak en spog met ‘n praktiese uitleg.

Kyk net hoe lekker werk hierdie helderrooi stoel onder die trap – dit bring kleur in, maar is ook heel bruikbaar!

‘n Glinsterende oomblik

Ons sluit hierdie ontdekking af presies waar ons begin het, maar hierdie keer laat ons die huis se beligting toe om ‘n skitterende styl aan die fasade te verleen.

Sal jy nie net soos ‘n koninklike voel in hierdie ontwerp nie?

Volgende op ons ontdekkingslysie: Die pragtigste huis in Pretoria.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine