​Die regte manier om houtmeubels te verf

Johannes van Graan Johannes van Graan
Upcycled vintage oak cabinet, Narcissus Road Furniture Design Narcissus Road Furniture Design Eclectic style living room
Loading admin actions …

Dis als goed en wel om ‘n paar ou houtstukkies bietjie mooier te maak met ‘n lagie verf, maar as jy dit al voorheen probeer het en gevind het dat die resultate nie was waarvoor jy gemik het nie, het jy duidelik iets verkeerd gedoen.

Dalk was jou fout die volgende: jy het nie geweet dat om ou houtmeubels te verf bietjie meer as net verf gaan vat nie! 

Maar moenie stres nie, ons is hier om so paar wenke te gee wat jou volgende probeerslag (hopelik) baie beter gaan laat lyk.

1. Voorbereiding is belangrik

Begin deur die hout baie goed skoon te maak om saagsels en stof te verwyder, en maak seker dis ordentlik droog.

2. Moenie die skuurpapier vergeet nie

Om meubels af te skuur is dalk nie die opwindendste werkie nie, maar dit ís belangrik. Sit dalk bietjie musiek aan om jou geselskap te hou en begin werk aan daardie gladde oppervlaktes. 

Onthou net dat stof orals gaan versprei, so jy sal hierdie takie dalk buite in die tuin of in die motorhuis wil aandurf. Vee dan weer af met ’n nat lap om alle stof te verwyder.

3. Gebruik jy die regte skuurpapier?

Die meeste professionele beveel aan om verskeie skuurpapiere met verskillende grade grofheid, van uiters grof tot baie sag, uit te toets om daardie perfekte afwerking te kry.

4. Wat van onderlaag?

As jy dink dat die onderlaag stappie nie verpligtend is nie, dan is jy verkeerd. Dis juis die onderlaag wat die hout gereed kry om ‘n nuwe lagie verf te ontvang!

5. Watse verf gebruik jy?

Hout en metaal word altyd met emaljeverf geverf. Probeer gerus ‘n waterbasis-emaljeverf, aangesien jy dan net jou kwasse met water kan skoon maak, en die droogword proses is ook soveel vinniger as konvensionele emaljeverf.

6. Is jy kreatief genoeg?

Enigiemand kan ‘n stuk hout verf, maar dit verg kreatiwiteit om daardie houtstoel (of –tafel of wat dit ookal is wat jy wil verf) treffend te laat lyk! 

As jy bietjie patrone wil inbring, stel ons voor jy gebruik maskeerband om daardie geometriese patrone makliker te maak.

7. Moenie die vernis mis nie

Om jou houtmeubels te vernis nadat dit geverf is is opsioneel, maar dit voeg net daardie ekstra “wow” faktoor by. En as die blink voorkoms nie werk vir jou nie, is daar talle “matt” afwerkings om te oorweeg wat ook jou harde werk beter sal beskerm.

8. Hoe ná die tyd gemaak?

Maak nie saak hoeveel verf of vernis jy op jou houtmeubels gesit het nie, dis nog steeds van hout gemaak, wat beteken dit gaan beslis reageer op die area waar dit geplaas gaan word. Probeer om dit uit direkte sonlig te hou, asook spasies met 'n hoë voginhoud. 

En gepraat van slim planne, loer gerus na: Hoekom het ek nie daaraan gedink nie? 10 Kreatiewe huis idees.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine