​10 idees vir ‘n meer volwasse (en stylvolle) slaapkamer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa em Jurerê Internacional - SC - Brasil, Samara Barbosa Arquitetura Samara Barbosa Arquitetura Classic style bedroom
Loading admin actions …

Slaapkamers met kleurvolle beddegoed en plakkate van supersterre teenaan die mure was dalk die in-ding in jou tienerjare, maar as jy ernstig is oor volwassene wees, is daar sekere dinge wat jy sal moet doen (en nie moet doen nie), en ‘n stylvolle slaapkamer is beslis een van hulle!

Kom ons beloer 10 voorbeelde en wenke wat ‘n volwasse slaapkamer van die moderne 21st eeu benodig…

1. Vervang alle ligte met LEDs vir beter glans, maar ook laër kragverbruik.

2. ‘n Gestoffeerde kopstuk kan een van die stylvolste element in ‘n slaapkamer wees.

3. Moenie skaam wees om briljante patroon, soos teen hierdie muur, in te bring nie.

4. ‘n Sagte en stylvolle mat is so prakties!

5. Natuurlik kan jou plafon ook met ‘n stylvolle ontwerp spog.

6. Klein spasies kan super kreatief raak wanneer dit by stoorplekkies kom, soos hier gesien.

7. ‘n Rak teen die muur hoef nie net ‘n gewone rak te wees nie – probeer bietjie rondspeel met idees, vorms, kleure, patrone ens.

8. Neutrale- of aardse kleurskemas is perfek om ‘n elegante ontwerp uit te beeld.

9. Daar is altyd plek vir ‘n spieël iewers, self al is dit bo die kopstuk (of die kopstuk self!).

10. Muurpapier hoef nie net besige patrone uit te beeld nie – kyk net hoe pragtig lyk hierdie kunswerk wat ‘n tikkie varsheid in hierdie slaapkamer inbring.

Al ooit gewonder hoe Die perfekte slaapkamer volgens jou sterreteken sal lyk?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine