Vandag se homify 360° stukkie fokus op een van Dessiner Interior Architectural se droom skeppings in Pretoria. En nes alle homify ontdekkings bevat hierdie ontwerp al die nodige elemente om die eindresultaat super stylvol te maak. Kleure, patrone, teksture, spasies, meubels, selfs beligting en dekor – sommer als!
Kom ons raak geïnspireer.
Gelukkig was daar hope styl wat oorgebly het om die res van die huis net so treffend te maak, soos ons kan sien hierso in die sitkamer.
Let op hoe die neutrale kleurskema briljant ligte- en donkerder skakerings meng om die styl interessant te hou.
Ons bekyk gou die sitkamer van die ander kant, net om daardie meubels en dekor bietjie vanuit ‘n ander oogpunt te waardeer. Dis mos nou bewyse dat nie al die stoele identities hoef te wees nie – selfs al lyk daardie lig-blou hoekbank glad nie soos die elegante wit stoel links of die kontemporêre bruin stoele regs nie, werk hul ontwerpe briljant saam!
Is jy gereed om die res van hierdie voortreflike ontwerp te geniet?
Van een provinsie na ‘n ander; kom ons geniet ‘n Vinnige kykie na ‘n eenvoudige en stylvolle Kaapse huis.